Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Kitaar Maats

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 8

ons speel
snaar musiek
in nature trillende
harmonie.

glimlag oor sessies
tussen vloer en muur
gesimfonie is ons
in klank.

snare snap
brue knak
gebroke kitare huil,
óns naal prik druk
sal speel in ewigheid.

Jy Bring Die Mooi

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 23

Jy Bring Die Mooi

Vers 1:
Baie oë kyk jou mis
Laat hulle maar oogklappe dra
Dis hul verlies as hulle nie kan sien
Watse mooi hart jy saam met jou dra

Vers 2:
Baie gee net een kyk
En maak dan hul eie gevolgtrekking
Hulle kyk net veldiep
En…

Voor Die Koebaai

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 19

Voor Die Koebaai

Vers 1:
Ek sit en kuier hier saam met jou
Terwyl ek jou hand vashou
En ek voel effens blou
Ek voel effens blou

Vers 2:
Ek het so lank gewag vir hierdie dag
Om uit die niks op te daag
Nou waarom wil ek dan huil

Rietfontein

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2020 17

Rietfontein

Vers 1:
Daar is ‘n plek
Waar die hart se seer vergaan
Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal
Daar doer in die ou Wes-Transvaal

Vers 2:
Hierdie plek klitsgras
Aan mens se hart
‘n Plek wat die lawaai sus
Met ‘n windpomp se draai

Koor:
Rietfontein, onthou jy my
Na…

Della

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2020 12

Della

Vers 1:
Ek het ‘n sussie
En sy bly by die see
Ek het ‘n sussie
Wat haar bes vir ander gee

Vers 2:
Sy woon in die Kaap
‘n Klipgooi vêr van Tafelberg
En soms is dit ‘n berg
Verlange raak maar erg

Koor 1:
Della, ek is dankbaar
Vir…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 213 gaste aanlyn

Bydraes – Argief