Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

OKTOBERMAAND

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2021 Hou van

Omgolwend
kantel ons
teen
ongekende oewers
bewakers van onsself
ewig dobberend
resensente van
mensgemaakte
aardkors meganismes
aandeelbesetters van
nemesis asems
dwalend, soekend, verlore.

© Okt 2021 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Ontdekkings Reis

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2021 Hou van

met haar vergrootglasie in die hand
ondersoek sy elke beweging klein
met boetie soos ‘n skaduwee
agter haar aan oral waar sy gaan
bevind hulle hul op eienaardige plekkies

en op hul ontdekkings reis
gewaar hulle die miertjies
op hul werkingstog die muur uitklim
wonder ‘n mens wat in daardie gedagtes
hul so laat staar na die…

oord

Deur Datum gepubliseer: 24 Oktober 2021 2


uit die aard van die oord
geniet ek my lewenstyd
water maak dit vir my
riviere, bergstrome
koue, hittegolwe
maak nie saak
water is dit
wat die
lewe
vir
my maak

©Teãrlach

wedersydse liefde

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2021 1


ek is lief vir die mooi blou see
my liefde kom van ver terug af
toe ek nog klein en soekend was

op die laaste bulte voor die see
was die groot kompetisie aan
oor wie sien die see dan eerste

by die strand (waar net see was)
eers kamp opslaan en dan see-toe
baljaar van vroeg…

Laat Oktober (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2021 1

Oktobermaand het laat gekom die jaar.
Koes-koes op ‘n lentebries half kuiserig verskyn.
Tot die fietste van die vaal gras wou al weet,
Of die namib oor hul naaktheid tog ooit weer gaan verdwyn.
Baie kenners van die weer
En slim sieners van weleer,
Raai raak in hul voorspellings;
Maak korreksies in hul tellings.
As Oktobermaand so…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 112 gaste aanlyn

Bydraes – Argief