Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Oktober se blomme mooi

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2022 3

Oktober maand, Oktober maand
dink ek my nou aan Leipoldt terug
sien ek jou mooiste mooi teen die bloue lug
as Jakaranda’s staan in hul perste-pers

O’Leipoldt, dis jou Oktober maand die
want al die blomme en heides dans
ʼn wals, ʼn wals met reën se kos’bre seën
is die velde vrolik en die volkies…

waar my hart blom

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2022 6

teen die berg op
al in die klofie op
oor groot ronde klippe
sulke rooierige klippe
vuil van die rooi grond

tussen pionier plante
wat soos reuse varings
grond vashou as dit reën
onder wit blomme wat stink
lente geur van die berg

tuur ek om my in mis
van vroeg oggend se fris
skrik op as bosbok blaf
hier naby my…

Ek stap my pad met blymoedigheid.

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2022 5

Ek stap my pad met blymoedigheid.

“Dit gaan met my goed, dankie, BAIE goed.” Die woorde van ʼn kosbare vriendin, Theresia sal my altyd bybly. Ongeag watter dag van die week of watter tyd van die dag, as jy haar vra hoe dit gaan het sy jou geantwoord, met ʼn…

simfonie in pers (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2022 4

simfonie in pers

dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg
en Pretoria pronk in purper-pers
die wind streel met ʼn sagte hand
oor die Jakarandabloeisels in die laan
net gister was die aarde nog vaal
nou jubel groot trosse bloupers
blomme aan punte van dun takkies
en sprei ʼn perstapyt uit in die laan
ʼn Hadeda sprei sy…

Sononder by Trekoskraal (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2022 3

die aand was nog aan’t afdraai
in pag vir môre se gewoel
dit was die mooiste skildery
toe die son en see in swier ontmoet
en die wynrooi in die wolke
in skakerings van skarlaken
vir my asemroof vergoed

die son het uit sy amp getreë
in pigmente van vergank
en deur die wimpers van die wolke
met die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 116 gaste aanlyn

Bydraes – Argief