Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

weë

Deur Datum gepubliseer: 11 September 2022 3


wie weet
wie weet waarheen
wie weet waarheen die weg
wie weet waarheen die weg lei
die weë van die lewe is so onvoorspelbaar
waar jy vandag gebore word, en môre eindig
is meestal onbekend en soms onbemind
wie wil die toekoms kan voorspel
weet wat jy oormôre gaan wees
hoe droog en onvrugbaar
sal dit wees om te…

Kopermaan se towergang (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 7 September 2022 2

Wys my weer die glinster in jou oë
wat soos maanlig op die golfkamme blink
waar ons in liefde se dieptes versink
soos toe ons kon liefhê met groot genoeë…

…kom kyk liefling – hoe glim die kopermaan
soos sy stil uitdy bo die oseaan.

© Loretta Szikra 202209

Kom, hardloop saam my weg (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2022 2

Ons soek al lank ‘n huisie langs die see
waar borrelbranders teen ons skuitjie klots
en snags uispattig teen die rotse bots
wyl ons ons tyd in harmonie bestee

maar, my lief, ás jy tyd vir ons wil stop
loop dan saam my weg, tot by Kolmanskop…

© Loretta Szikra 202209

Sintuig Land

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2022 2

eerste werêld ontwikkelings
verdwyn teen savanna ruimtes
die grasveld omvou ons,
bring vêr horisonne nader
vir mahala

alle velle voel
die winter windjie
somerson harde klappe,
seisoene dirigeer ons armhare
vir vry

proe die kos en wyn
afval tot connoiseur
wit gedek in plastiek borde,
rof en chic
vir pasella

ruik die reën op droë veld
die rook was weg
so ook oujaarstof,
lewenslus en varslug
vir present

hoor…

stilte

Deur Datum gepubliseer: 5 September 2022 2


stil geborene
sweef sy siel wyd
draai en dartel in gange
spiraaldraai in kaleidoskoop
van kleure en geure wat verstil
sonder wysie is die musiek
note wat sien, nie hoor
wys my die weg
na geraas
in my
stilte

©Teãrlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydraes – Argief