Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Rykdom

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2021 2

Orals
kyk jy blomme, van
tjienkerientjee tot
orgidee en oumakappie.
By rivier en vlei en
êrens, selfs in die barre Karoo,
reg tot verby Kamdeboo.

Somerglans

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2021 3

O, mooiste maand
Kom kelk oor aard’ jou fleur
Tros welriekende balsem
Oor laaste winterreste
Bot gul nuwe verwagting om
Eersug aan te wakker, en
Rugsteun somerglans met vreugde!

©Driekie Grobler

Moederaarde se noodkreet …

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2021 3

As ek rommel op die grond sien lê
is daar só baie wat ek wil sê
waarom moet mense rommel rond gooi
moederaarde besoedel, met rommel bestrooi?

Diere en mense is besig om siek te word
die mens is besig om sy eie lewe te verkort
dit is die rede waarom asblikke daar is
maar ons…

Somerbelofte Silwer

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2021 3

ek sien die spookasemgeur van perskepuntjies
hulle koppies opdraai in volle blom,
voel die warm sang van nuwe vrug
wat die somerson verwelkom

fynvlerk bloeiknop ballerinas baljaar in die wind
ek hoor die witvlekvlerkies van ‘n blommekind,
ek ruik die roesbruin kleur van ou kromhout
proe die heuning in kleure van geel en goud

‘n nuwe seisoen…

BOS BLOMME

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2021 4

Wanneer jy weer Paarl toe ry
pluk vir my varkblomme langs die pad
sodat ek op ‘n gepaste oomblik
myself in die lente kan verloor

en wanneer jy weer huistoe kom
gee vir my jou ongetemde hart
sodat ek ook soos jy kan asemhaal
wanneer die dag haar ure
oor my eb en vloed.

Ja, bring vir…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 121 gaste aanlyn

Bydraes – Argief