Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

In die skemer van die berge

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 18

In die skemer van die berge
doringboom aan elke kant –
sit alleen die tenger vroutjie
op die grens van niemandsland

Wiegend neurie sonder woorde
want haar siel is weggevat –
môre kom die nare drome
op haar skewe kronkelpad

Maar sy luister na geluide
uit die…

Indigo gety

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 10

Lente, asuurblou sonder kreukels gevlei
oor jou wangbeen en swanenek,
bleekwit maagd in denim geklee
met Septemberreën wat plek plek lek.

Saffierfonkels en blinkoog skitters
wat deur songleuwe glip,
bloublomsalie sierlik in jou wille krullebol
met lostrek linte wat verstrengel en stik.

Zoempies wat kwassiestert in wolgras wei
en asem knoop in jou stuifmeel doek,
deur grensdrade kruip en…

My beminde in ‘n wildevyeboom

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 11

aan takke van ‘n vlegsel-stam wildevyeboom
in die middel van ‘n donkernag stad,
hang sawens ‘n saggemaakte maan
soms klein, soms groot, soms lewend, soms dood

sy wortels bogronds geknoop
deur wind en weer getemper,
in rioolwater se opstyg dampe
afgespons en oor gedoop
(sy skouers swaar behang…

Gestroopte hoop

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 16

Die houtbalke se grein splinter teen my hoop
hier waar ek elke dag vir jou wag.
Somer het ongesiens geglip tussen ou bome
en dae voel langer toe laatmiddag langbeen skuifel
deur akkerklawer.

Die koraal gloed van ‘n lui son
gooi skadu’s in my nek en ek wonder

Winddroog

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 14

sout bly sout

dit winddroog minute
ure
dae
weke
maande
selfs jare soos bokkoms in ‘n bos
(ek het jou laat los)

gestring met ‘n onmiskenbare palet
wat binnemonds kleef aan die verhemelte,
die hart;

hierdie jaar is skaars ‘n paar dae oud
en pekel reeds teen my wang,
‘n dynserige voorskou waaraan laasjaar reste hang;

jy sal nooit deursigtig genoeg wees om…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 219 gaste aanlyn

Bydraes – Argief