Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Soutloop

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 16

springgety stu en dy deur
waterlope van volle maan

waar spiraalveer net en syfer
in koralyn motet van oseaan

skrabeuse rots se riffelrug
groen bedek in alg en kelp

perlemoen benat in hemelblou
suutjies leun teen duineveld

tussen windmoeg vygies wat
skunnig tussen soutbos blom

staan haar lyf geëts in keëlskulp
van ‘n oorloop maan se koms

© Almarie Truter

Ek is die storm in jou.

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 15

Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy…

Welkom in die Vuil-Driehoek

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 19

Wikipedia beskryf die Vaaldriehoek as ‘n groot driehoekige industriële gebied in Suid-Afrika wat deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word.

As gevolg van die swaar nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek is die gebied berug vir besoedeling. Om hierdie rede word die gebied soms die “vuil-driehoek” genoem.

Knersvlakte (haikoe)

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 11

bont bloei namakwa
tussen klippe in die sand
wanneer winter sterf

C. Shaw
4 April 2016

Skeepswrak Transformasie

Deur Datum gepubliseer: 3 April 2016 10

Tussen erosie roes metaalskerf
van eens reuse, trots vegskip –
het haar verlange vasgekleef
tussen vaal seewier en koraal,
was haar drome vasgeweef

In die oopbek splinter skatkis
tussen edelsteen en munte –
het toeka se skitter pêrels
aan flenterstring goudketting
leweloos, net daar gehang

Soos verweerde…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 266 gaste aanlyn

Bydraes – Argief