Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Die Jakkals Se Roep

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2016 18

Die Jakkals Se Roep

Dis volmaan en kortkort vlieg die
donker skaduwee van ‘n uil voor
die helder maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op
‘n fladderende mot jy gril en trek
die kombers instinktief stywer om
die skouers en ril by…

Onpaar skoene

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2016 20

Daar was twee rye spore
langs Bloubergstrand geëts
en wie dit daar getrap het
sou swaeltjies oor kon klets

Die wolke, winde, water
het skemer wag gehou
maar toe het see se bruinspoegskuim
dit seewier toegevou

Met sonop die verrassing
want kyk daar teen die rots
het…

Vir ‘n prinses

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 15

punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra

en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde

Dorre krake

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 10

huilend loei die westewind
deur hulp’lose vee
se karkasbene;
waar hul oë smagtend
(na genadewater )
verward na bowe vlug
hang dit daar soos verlepte sonne
in droog-oog traan
oor ‘n stof-rooi horison

prewel-bede
stort hakkelend
sodat hemele saam sal huil
dat daar steeds iewers
‘n vuis-wolk sal skuil
sodat lewe weer
oor verdorde damwal
oop sal skeur

hartbrekend skreeu die gebulk van vee
mag die Vader…

Drome in hopies

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 9

Onder beskutte skadu’s
van oorhang treurwilger
vleg sy sielseer hopies –
groen rietjiesvlei blare

Paddakwaak word stil
deur haar rouseer gil
haar balvuis donder –
deur hopies wat tril

Snikke skeur die sfeer
as haar basuin repeteer
haar wêreld geannekseer –
deur rowe afgeskeur

Fetushopie lê…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydraes – Argief