Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Ek skryf vir jou

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2016 16

.
Ek skryf vir jou met skulpe op die strand
onderstreep met die palm van hand,
‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier
verlig dit helder met droë palmtakvuur

Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer
(in die bosveld) teen…

See se geur …

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 20

ek skep vir jou ‘n emmer vol
van die see se geur
dan stuur ek dit met spoedpos
om jou dag in te kleur
as jy die emmer geur kry
en ruik hoe see-skoon dit is
sal jy ook weet dat ek jou
met elke asemhaling mis

OGIESDRAAD HEININGS

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 16

Die grondpad se stof roes op ogiesdraad heinings neer
gegom met die oggend se dou
terwyl my verbyry se stofstert
die son se opkoms stories berg in dou nat gras koeverte

Skinderstories word gebêre
vir more se lag-lag wakker word
waar my verbyry se stofstert…

DIE WINDPOMP HUIL – Hersien

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 19

Die windpomp het gister begin huil
en ek was nog te skaam om deur die drade
na sy staanplek te gaan dwaal

Ek weet sy stert is druipstyf teen sy staalkarkas getrek
en sy geroeste agterbly tand-lemme draai verbete
teen die aanslae van die wind

Sy watermurgpyp loop tot by die stukkende sementdam
verpletter deur tyd…

Tolbos gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 20

woestyn

Krom kartelend op kontoer
van snikhete stil woestyn
huiwer haar enkel voetspore
neffens verbleikte halfmens
ook stadig hier aan’ t kwyn

Maar ver op die horison
wink ‘n spieëlblink oase
laat haar tolbosgedagtes
lui, huiwerend op hittegolf
tornadodraai in ekstase

Gister se dryfsand spore
deur rukwind toegewaai
want geen siel is verlore
as sy…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 259 gaste aanlyn

Bydraes – Argief