Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Nostalgie

Ek mis jou (net soms)

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 18

My duim
het die gewoonte
om oor my ringvinger te streel
onder
aan die binnekant van my hand

en my hart
het die gewoonte
om dan soms verras
verbaas
uitgeboul

half hartseer te voel
omdat dit nou kaal…

See se geur …

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 18

ek skep vir jou ‘n emmer vol
van die see se geur
dan stuur ek dit met spoedpos
om jou dag in te kleur
as jy die emmer geur kry
en ruik hoe see-skoon dit is
sal jy ook weet dat ek jou
met elke asemhaling mis

‘n Oomblik vir altyd …

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2016 10

‘n oomblik vir altyd
sekondes verby
‘n leeftyd se drome
in stondes te kry

dis hoe ek ons lewe
met oomblikke heg
want as ons weer kyk
is alles dalk weg

‘n oomblik vir altyd
is al wat ek vra
dat jy my hart in joune
‘n…

Strandlopertjie

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 20

tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede…

Jy het nie huis toe gekom …

Deur Datum gepubliseer: 29 Februarie 2016 31

verlate sit ek vanaand
met my voete in die sand
die branders hou my geselskap
‘n seester in my hand
in die verte brand die liggies
van ‘n deinende tjokkaboot
van hier so klein en amper fyn
mens sou nie sê dis 6-man groot

deur my vingers loop…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief