Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Gister, vandag, en elke dag wat kom

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2022 2

Gister, vandag, en elke dag wat kom

Gister-
‘n Wonderlike dag, die byvoeg van ‘n nuwe jaar
Gee geleentheid vir oordink van wat bly oor, en wat is klaar
Bring die onthou van die pyn, en die versekering, daardie trane is reeds gebaar
Bly ons diepste onthou, die vreugde van die herroep van die…

Diepte van ons Onthou

Deur Datum gepubliseer: 10 Januarie 2022 1

Die liefde vir die natuur en alles daarin
Die verlang na die veld, voor die dag begin
Die herroep van kuiers in die majestueuse berg
Die warmte van die lag, die humor van die terg
Die flikker van die sterre in die helder melkweg
Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor…

Kasgeraamtes (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Desember 2021 1

geraamtes hang in donkerstyl
aan ou hangers in ‘n kas
geboë soos aan galge
met saamgeperste vuiste
(alles been op been)
skuil agter ou ge-erfde jasse
en bly vir jare daar alleen

maar as die skadus konkel
en strepies lig kom in
verander die versteekskelet
in ‘n moë marionet
een wat struikel in sy val
en alles op jaslappe
in die…

OP PAD NA MÔRE (goud)

Deur Datum gepubliseer: 26 Desember 2021 1

Oopgestrek tussen hemel en aarde
skreeu stemme in my kop
‘n lyf vol letsels
mank spore wat vorentoe swenk
in my hand
hou ek ‘n hart

jy gee vir my
al jou gisters en môres

ons loop verder in skadu’s
onder melkhoutbome
ons luister na bokmakierie
streel oor bosbaarde

om te dink dat ons bekende
vreemdelinge vir mekaar sal bly
om te dink…

Winter Bad

Deur Datum gepubliseer: 14 Desember 2021 1

stoom rys lui
na dak
water balsem
seer spannings punte
eelte verkreukel
in badwater

vergete persone
kom sit op die rant
gesels deurdie mis
oor hul geheime
en word stil
in dakdruppels

onder die waterkombers
span ek my seile
vaar deur storm glowe
na nuwe strande
tot ń koue druppel
my dak tref

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 173 gaste aanlyn

Bydraes – Argief