Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Inmekaarpas, uitmekaarval.

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2016 11

Hoe onmeetbaar is die siel
soos die wye oseaan
in tydmaat opwelling
van eb en vloed
in tydloos geweef.

Dus ʼn perspektief wat nooit sterf
hoe meer intens die onbekende,
is die kans om myself te verbeur
in ʼn…

As jy met my sou kon praat.

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 15

Ek wandel oorkant die Trans-Altanties,
dis my kamara wat aanhou flits.
Soos ʼn wafferse windvlieër hang die Albatros,
op soek na sy daaglikse kos.

Seil die wind om my lyf,

In die skemer van die berge

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 16

In die skemer van die berge
doringboom aan elke kant –
sit alleen die tenger vroutjie
op die grens van niemandsland

Wiegend neurie sonder woorde
want haar siel is weggevat –
môre kom die nare drome
op haar skewe kronkelpad

Maar sy luister na geluide
uit die…

Ek is die storm in jou.

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 11

Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy…

Sou jy raak kon raai

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 17

As twee verrimpeld’ ou hande
bloubleek oorkruis loop lê
sou jy dan raak kon raai
wat ek onder die wilger wou sê

Ons deurtrap tweespoor voetpad
langs die oer-roes windpomp
dan steil op teen die rant
my hande in joune gekelk
toe jy jou hart aan my verpand

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 377 gaste aanlyn

Bydraes – Argief