Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Ek is die storm in jou.

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 16

Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy…

Sou jy raak kon raai

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 21

As twee verrimpeld’ ou hande
bloubleek oorkruis loop lê
sou jy dan raak kon raai
wat ek onder die wilger wou sê

Ons deurtrap tweespoor voetpad
langs die oer-roes windpomp
dan steil op teen die rant
my hande in joune gekelk
toe jy jou hart aan my verpand

Voor my in die klas

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 16

Voor my in die klas

Jy staan voor my in die klas
by jou tafel, met jou moedertaal …

Die hele deurmekaarspul en debat oor taalregte in onderrig, klasgelde en klipgooiery deur ongelukkige studente, is nie eintlik vir my ’n steurnis nie. Dit skeel my min of die lot wat die strydbyle…

Agter die pienk deur

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 25

Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy…

Die rooimaan droom.

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 20

… en dit was
so duidelik soos daglig
(al was dit in die aand)
dat die seer
wat ek gedink het gaan my breek
het my toe skaars geraak.

Jou houe
en woorde
en vloek op vloek op vloek
het nie die eerste laag
van my bestaan deurgedring nie.

… en met ’n glimlag om my mond
het ek onverskrokke
stil gestaan
dat…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 165 gaste aanlyn

Bydraes – Argief