Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Bousand

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2022 5

bogrond lê
wag vir donderstorm
beweeg dan ook net oppervlakkig

in grond
mol rasige masjiene
gooi fondasies, bou mure

in sesvoet grond
los my net uit
in stil vrede

ONTDUISTERING (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2022 5

ONTDUISTERING

Wat is dit dan waarna ons almal soek?
Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek.
Antwoorde wil ons so desperaat hê:
op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek.

Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie?
Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie
wat jou trane dep tot jy asemskep?
Bestuur die Groot Hand jou…

OP JOU BORSKAS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 7

As ek vannaand my kop neerlê
mag dit op jou borskas wees
want ek is bang
bang vir myself
bang vir Eskom se donker
bang vir ons eie Afrika
bang vir ‘n heelal
wat heeltemal te veel geword het

ek is bang omdat ek ‘n vrou is
bang omdat ek hier is
bang vir skadu’s
wat wrede mense wegsteek
bang dat…

Ekstase

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2022 4

mal te wees
is fyn

reg te wees
is insae

reg en mal
ek stasie

Skryf

Deur Datum gepubliseer: 16 Junie 2022 7

ek hardloop weg
van die ingewing

my pen hang
tussen hart en maag

die neervel
gaan ontstel

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief