Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Lewenstryd (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 2

Die onsekerheid in vele oë
vind aanklank in menige stem
wat wanhopig skree
teen hierdie stryd se rem

nooit het ons kon dink
óf ons lewe daarvolgens beplan
dat hierdie lot ons sou vind
‘n weemoedsnet om ons span

stil en magteloos
onseker oor die verloop
totaal uitgelewer en broos
verpletter in wanhoop

al word toekomsdrome omvergegooi
bied die lewe nog steeds…

Winterkoud

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2021 1

jy maak die winter koud onplesierig
jou naakte liggaam onvoorsiens
hierdie koue oggend ure
is jy gestroop van jou klere
wat besiel jou om mense
so op hol te jaag

kyk wat gebeur nou
bring iemand klere om jou te bedek
arrogansie help jou niks
in die tronk gaan jy nou bly
bedwelmd is jy nou
vreet jy…

Soms

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2021 4

Soms wil ek ook breek
soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots
om in duisend stukkies te spat
vloed oor ‘n oop strand
terug eb in patrone
oor sand en skulpe
om weer heel te raak.

© Julie 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Half Lewend

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2021 1

Uitgespoel
staan ek kaalvoet op ‘n oop strand
voor my breek branders
binne splinter my siel
agter lê ‘n land in skerwe
ek voel anders
noudat ek weet
lewe en dood is sekondes weg van mekaar
en liefde is maar net ‘n geloof

ek tel ‘n klippie op en gooi dit in die see
tel tot tien, wag nog…

Ongemak

Deur Datum gepubliseer: 24 Julie 2021 3

die tafel is gedek
sitplekke noukeurig toegeken
pro rata versprei gesels en stug
rang en onbeskof doelbewus geskei
formeel is vanaand gereël
iemand gaan dit
geniet

oë dwaal oor
silwer eetgerei langs porselein
ore hoor
neutraal niksseggende gesprekke
tande flits
wit tandepasta advertensies
my kop soek
ń ander interessant

sleutelhouer sit asosiaal eenkant
die introvert vlieëvanger gee
herkenning met ń nik…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 123 gaste aanlyn

Bydraes – Argief