Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Skakerings van winter (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 15 Junie 2022 9

Met die nanag se sterwensuur
het jy ons karos afgeskop en gepleit:
“staan op my lief, kom kyk
vóór die die winterveld se skoonheid
na sonop weer verbleik!”

Hand-aan-hand met die vleiland langs
waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe
het jy my deur die veld gelei
– my oë het betraand
van die koue gebrand –
toe…

Oorlewing

Deur Datum gepubliseer: 9 Junie 2022 10

Oorlewing

Kruipende koue teen my rug
hitte-loos alleen
murglose binne gevries,
ruggraatlose skelm skimme.

Gedroogde ys murgbene
flenters gestampte skene
slenterstukkies speel
met hartpsige konflik.

Geraamtes wyd gesaai,
innerlike boei Houdini
van haat se werklikheid
denke en psige se vryheid.

Siellose maatbeker,
vol verraad, vernietig
soos ‘n vis se luglose asemsnak
vlugtend op damwal.

©️ Elna Kruger

Binne seisoen (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2022 9

En nou weet ek ook
dat my somer en winter
hand aan hand kan loop.

© MEI 2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Oorlogs Rubriek vir ‘n soldaat

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2022 11

sy dood was nie…
die van ‘n martelaar
of een van ‘n vervalde stad
sy dood was nie…
soos vorige helde gefeesvier
op ‘n sonskyn dag.
sy dood was nie…
sagte vuishoue
of stomp messteke
of dalende vuurpyle oor ‘n hospitaal besoek nie,
sy dood was nie…
verniet of doelloos
tussen al die puin en kreune van moeders gehoor nie-
tussen verkragtes…

Hoorsê

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2022 9

Hoorsê

af en toe hoor ons ‘n stem
galbraak neurie hy ongetem
presies op noot sy hoongelag
kompleet met twyfel ingewag

sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag
oor hooggebergtes straal jou glimlag
dan bulder riviere weer in fluviale vloed
woorde skiet op teen weerligspoed

herwinde ink val neer soos ‘n stormbui
kontinue hoorsê jou verniet laat ly
herbewapen keur die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 158 gaste aanlyn

Bydraes – Argief