Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Hoorsê

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2022 9

Hoorsê

af en toe hoor ons ‘n stem
galbraak neurie hy ongetem
presies op noot sy hoongelag
kompleet met twyfel ingewag

sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag
oor hooggebergtes straal jou glimlag
dan bulder riviere weer in fluviale vloed
woorde skiet op teen weerligspoed

herwinde ink val neer soos ‘n stormbui
kontinue hoorsê jou verniet laat ly
herbewapen keur die…

Na liefdes(v)uur (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2022 10

En toe …
veras jou vuurgloed
donsveerverwaai, duskant westerkim
draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim

skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag
troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag
soos my koesterhart vlerkomvou,
nestel my ligholtes jou

want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig
hier binne bly jy veilig, so warm vredig

Elizabeth B

Met…

Koersvas

Deur Datum gepubliseer: 27 April 2022 7

En toe word jy ‘n
koersvaste maan
wat ook soms wassend
(vyftien minute)
in kwartierfase gaan
maar God sal jou help
om jou mikpunt te vind
mits jy Hom vertrou.

DROOMBLIKSEM!

Deur Datum gepubliseer: 23 April 2022 6

DROOMBLIKSEM!

Wag, moenie gaan nie!
Maar jy doen dit wrágtag weer.
Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie,
jou REM-ritme bedwelm als heen en weer.

Saans pers jou wit pille vol beloftes my af:
skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit.
Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf …
onbeholpe agterna…

Afvallige

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2022 14

Geskryf deur Fanus Strydom
Reëltelling 12
Vasgestelde rympatroon

Afvallige

oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë
wasig en verlate die horison se lyn
toe vir my om díe verbode grond te betree
verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn

oop onder my voete tuimel die kranse na benede
gulsig om my vir ewig in…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 265 gaste aanlyn

Bydraes – Argief