Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Projekte

Hande se liefdestaal (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2021 Hou van

Hande se liefdestaal

hande se liefdestaal
gesneuwel met virus
koue glas onsigbaar
hou ons nou geskei

elkeen in eie tronk
hande wat wil raak
liefdestaal praat
smag magteloos

hoe lank nog verban
liefdestaal se aanraak
hande soekend na mekaar
om omgee te kan wys

ons nou afstandmense
vervreem van liefdestaal
hande se sagte streel
deur virus kom steel

mag ons gou weer
vreugde van omhels
diepe…

Julie 2021 – OOP projek

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2021 1

Beste INKers

Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word.
Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening.
Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie.
Dit geld vir al die afdelings.

Al wat…

Uitslae en kommentaar Mei 2021 – OOP projek

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2021 4

Baie geluk aan hierdie 14 lede!


GEDIGTE:
                                   

GOUD:

1STE:            No 25             Andries Fourie (Seirdna) met Wroeging van ‘n talentvolle skrywer

2DE:               No 24             Andries Fourie (Seirdna) met Erfenis (‘n Gedig aan ons land)    

3DE:               No 22             Anzè Bezuidenhout met Bosveldstorm

EERVOLLE VERMELDING:         No 28             Caren Kearley met Flentervrou


SILWER:

1STE:            No 35             Annamarie vd…

Junie 2021 – Intertekstualiteit projek

Deur Datum gepubliseer: 1 Junie 2021 5

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons “intertekstualiteit” ondersoek. Ek het met opset hierop besluit om die belangrikheid te belig van die norme en standaarde aangaande die gebruik van brontekse om nuwe werk te skep. Daar is ‘n morele verantwoordelikheid om altyd genoegsame vermelding te maak van andere se werk indien…

Wroeging van ‘n talentverlate skrywer (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2021 3

ink my met jou kodevog hier midde-in jou aftog
dat ek in die jare van my wegbly in jou voorhuis kan vertoef
spykerhang gemuur teen die afguns van my drifte
sal ek paletgeskryf en raambevang jou lende kom bedroef

wens jou verhale aan my toe in tikmasjien traktate
as jy in die laatlig van…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 132 gaste aanlyn

Bydraes – Argief