Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Projekte

Bottel in die branders Silwer 1153 woorde

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2021 2

Mara laat sak haar skouers. Die seemeeue kla en kerm en swiep laag oor haar kop heen. Hulle duik weg en gaan aas maar weer by die dokke. Mara se sakke is leeg. Die laaste broodkorsie het sy vir Brakkenjan gegooi. Die roomwit basterbrak volg haar al die…

Februarie 2021 – Liefdes-projek

Deur Datum gepubliseer: 1 Februarie 2021 4

Beste INKers

So is die eerste maand van die nuwe jaar reeds op sy rug en strek Februarie voor ons uit. Hierdie maand is veronderstel om ‘n oop projek te wees, maar ek het dit goed gedink om die tema van “LIEFDE” as ondertoon voor te stel.

Daar is geen vasgestelde…

My droom vir jou Silwer

Deur Datum gepubliseer: 28 Januarie 2021 8

Stofpaaie lei jou na wie weet waar
jou hart verloor jy hier en daar
aan die einde van die reënboog
sal jy jou vreugde vind
ek wens vir jou geluk my kind
mag die wêreld aan jou voete lê
jou toekoms oop en blink
voorspoed jou saggies nader wink
my lewenspad het ek geloop
my spore…

Huise

Deur Datum gepubliseer: 28 Januarie 2021 3

die boesman stof gat
ń bed van sand
gekussing met klip
verwarm in middagson
ryp met doringhout verjaag.

die sand steen grot
ń stil uitgekapte tuiste
in woestyn hitte
die dakke swart gebrand
teen die winter wind.

gras, vel dakke
ronde mure oor latte
teen ys water vloede
mense sonder binnemure
saamgebondel.

gebrande harde sand
vorm huise uit stene
weer baklei om hoeke
mense skuil alleen
in…

Skerppunt

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2021 3

blare vermom
agter ń sagte kleed
die uitstaan punt.

in vertoon kas
lê aangetrekte behae
die gee vir my, verborge.

in kruiperig gepraat
vertoon die geër
sy eie meerderwaardigheid.

elke taak het
ń skerppunt waar
die waarheid waak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 374 gaste aanlyn

Bydraes – Argief