Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Prosa/Stories

Uittreksel uit Juweel van die Oosgrens

Deur Datum gepubliseer: 16 November 2020 31

Kaalgestroop.

“Celeste, jy is uiteindelik hier!” roep Fleur opgewonde uit, haar Franse aksent nog net so duidelik. Haar niggie se opgewondenheid is ʼn lafenis vir die somberheid wat vir lank Celeste se metgesel was. Selfs die stof doen ʼn rieldans om haar voete om by te hou met haar vrolikheid….

om te skryf…2 Brons

Deur Datum gepubliseer: 21 Oktober 2020 30

sou God die skrywer se siel
nie verweef met woordsnoere
die gedagtes van Hom
nie op die hart laat dra nie
is al wat oorbly…
‘n skrywerspen

Die oproep

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2020 22

(927 Woorde)

Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die…

Ouma Stienie en die lockdownbier (Silwer 490 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2020 22

Ouma Stienie se bottel Apostelwyn het ook al bodem gedroog Niemand het voorraad nie. Wie het nou kon dink dat die kluisenaarsbestaan so lank gaan duur. Die drankkabinet het nog nooit so elendig gelyk nie. Dis toe net daar wat die appel en die suurdeeg ‘n besonderse…

om te skryf…

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2020 16

om te skryf…

met jou lok-en-wink
wil jy speels met my rinkink
‘wyl ek wik en weeg
– dieper voel en dink –
reikhalsend jou wil nader vry
speel jy koek’loertjie met my

tot ek bewend en met drang
jou wydsbeen klim, jou vasvang
sodat ons in ekstase
– totaal onbedwang…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 77 gaste aanlyn

Bydraes – Argief