Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Pyn

Dié eensame vrou

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 32

Soos die son sy sak, sak
en die nag weer sy gesig kom wys.
Kan ons vashou aan ‘n belofte,
die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat,
want Hy is tog dan ons Herder,
wat ons elke dag en nag beskerm.

‘n Klomp duiwe kom dan gelyk…

Afstand

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 22

Twee riviere loop paralle teen my wange af.
Alles gebeur so vinnig.
Dae vlieg, ure verdwyn in die niet.

Reën loop in klein riviertjies dwarsoor my ruit.
Alles gebeur so vinnig.
Bosse gly verby en die pad krimp met elke sekonde.

Elke nuwe kilometer skeur
die gaping…

traantjies

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 33

selfs die see se sagte kus kan nie
jou traantjies heeltemal uitvee

jy arme verstote misbruikte kind
uitwerpsel van ouer-barbarisme

wat het jy gedoen om dit te verdien
verminkte liggaampie in opdrifsels

opdrifsels van die mens se bestaan
watter reg het sulke ouers tot lewe

Seisoene van jou

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 22

Ek wil die sonskyn
en selfs die reënbuie
in jou proe

selfs as die winter
jou omvou
wil ek jou vashou

vroeg oggend
soos die dou
grou in jou oë

verder as dit
wil ek jou gaan haal

in die heelal

Die onsterflikes

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 28

met jou tyd wat uitloop
met my hart so stukkend
hoe kan ek aanhou praat
af en toe probeer lag
“speel” dat ek nog wil leef

dank die Here ons God
jou plegtige belofte
om – weliswaar onsigbaar –
altyd naby my te bly
laat my weer…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 628 gaste aanlyn

Bydraes – Argief