Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Pyn

Flenter-woorde …

Deur Datum gepubliseer: 11 Maart 2016 16

flenter-woorde
vlieg verward
in die duister
rond
brok-hart-stukke
val verlate
eensaam op die
grond
seerkry-sinne
spoel versmorend
deur my troebel
hart
yskou’ trane
drup en tuimel
oor my siel se
smart

Jy was die redder van my …

Deur Datum gepubliseer: 11 Maart 2016 14

Ek wou nie
maar ek het

weer oor jou ’n gedig geskryf
maar ek gaan dit net
halfhartig
hier noem.

Jy was vieslik
en onredelik
ek het genadiglik
myself
hieruit gered.

(2016/02/18 @ Anria)

INK(LOOS)

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 25

waar waterbronwoorde ontbreek
en dennebosse doringsteek –
‘n digter ook wil verdwyn
in eie drieankerbaai-see…

‎sal strome van hoop‎
branderbrekend spoel
om weereens die woorde
uit ‘n pen te voél

soms moet ek net
één druppel ink
op jou lippe proe‎

© Francois Meyer‎

Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 22

Soms
uit die bloute,
dan
kom maak jou reuk
weer by my ’n draai.

Soms
sien ek die prentjie
van jou verslonsde lyf
wat voor my staan.

Ek onthou
hoe jou klere geskeur was
jou bebloede oë
die mengsels drank in jou asem

jou stem
het gestink
jou vel
het geblink

jou woorde
was hard
jou mond
het geglimlag
soos jy die woorde vorm

vandag gaan jy vrek

en ek
die gek
het jou…

Jou naam word geskryf

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 16

Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand
hoog teen die berg se skurwe wand
daar waar see weerkaats op die strand
trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom

Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas
waar reën dit nimmer af kan was
verf dit op lap met ‘n horingou kwas
repeteer dit dan harder…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 254 gaste aanlyn

Bydraes – Argief