Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Pyn

Lewe

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2021 3

Mond glimlag wyd
siel gil luid
woede golf en kolk
verraad sny soos ‘n dolk
binne drup die bloed
buite verskyn die oggendgloed.

Huis van swastikas

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2021 3

Hier brand dit rooi
spervuur koelrond woorde deur ‘n hart
soldaat van haat, soldaat van haat
mantels van verraad

legion propagandeer jy, jy huis van haat
geloof soos ‘n SS soldaat
waar verlorenes hulself van die wêreld distansieer
en benyding van kleur arriveer

rooi wit en swart swastikas teen ‘n muur
stormtroepe van hul eie plesier;
skadus van ‘n…

Flentervrou

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 12

Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay
haar skoene flenters
haar klere maande laas gewas
sy vra vir brood toe ek verbystap
haar oë is leeg

en ek wonder
hoe leef mens só met niks
in die afwesigheid van alles
tussen dorpsvoëltjies
en ander legends
op ‘n plek
waar niemand jou raaksien nie.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg…

Ons Omgang met die Wêreldwye Pes

Deur Datum gepubliseer: 6 Mei 2021 4
In April hoor ek van 'n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?

Wie sal my kan red? (goud)

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2021 4

Sal jy my kom haal
wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis
van pynskroeiende môrevrese
terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad

sal jy my in die middernagure kom red
wanneer wakkerlê my vaspen
teen die slotreël van my laaste droom
en ek myself verban na niemandsland

of moet ek eerder aan ‘n asynlappie suig
en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 034 gaste aanlyn

Bydraes – Argief