Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Reis

SWART en WIT, TEE of KOFFIE*

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2022 8

SWART en WIT – KOFFIE of TEE
In Oosterryk kry mens nêrens in ‘n kafee of restourant koffie (Caffee) nie.
Dis waar! Oral kan jy Cappucino, Espresso (sonder x), Macciato, Latte, ‘n großer Braune (groot bruine), ‘n Vierspänner en wie-weet-watse-ander-soorte bestel Net nie koffie nie — in die land waar…

Lewe le^ wyd oop vir ons

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2022 11

Die lewe le^ wyd oop vir jou!! Oop toekoms met uitdagings en keuses wat wag. Meningsvraag is of dit werklik so maklik is om dit vir ons nuwe generasie vandag te vertel hiervan.. Sal hulle luister?
Na matriek is die lewenspaaie vir jongmense n’ oop veld van keuses. Studeer…

NAAK GEDAGTES (goud)

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2022 11

Soms maak jy my sinne klaar
wanneer my woorde met stoptekens begin
veral op plekke
waar my asem vaagweg agter gate uitloer
buiteklanke my skuilplek raak

selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore klou
terwyl ek toekyk hoe arende
hoog bo my siel om en om in sirkels sweef

ek weet ek raak soms weg
sonder om iets…

Toerwoer

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2022 19

Langs my lê die wonders van Afrika
reg om my begroting se balans te pla
ek sien die oseane in beeld ontvou
met kleurkorale wat my asem laat ophou
gooi die piramides in Egipte nie weg
klipwonders in hulle eie reg.
Al die Nasionale parke laat my hart trompetter
met wild wat oral grom en brul…

Dobbelsteen

Deur Datum gepubliseer: 23 Januarie 2022 5

in middernag uur
flikker ligte op verkeerde kol
skyn op stof bossies
geruk uit hul rus
in koue veld

rooi oog blou oog
flits helder die hulp
stewig op die pad se rand
voete skop stof
na kantel wrak

binne harderaam
ń stil postuur
lewenskake ruk oop
verlos sagte vorm
uit harde dop

in stof vermeng
rooi bruin na grondstof
oë verstrak
geen meer…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 239 gaste aanlyn

Bydraes – Argief