Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Seëninge

Die val van dokter Varkman

Deur Datum gepubliseer: 29 November 2022 Hou van

DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN
Opgedra aan ‘n dierbare vriendin
Truda Rijkheer
† 29 Oktober 2022

Geskryf deur Fanus Strydom
3752 woorde

Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die…

Dit is reeds Kersfees in my hart (Brons 574 Woode)

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2022 1

Sommer reeds vroeg in November het ek al ’n paar keer na Little Drummer Boy geluister en met aandgodsdiens sing ons reeds ’n paar gewyde Kersliedere. Die boom word net môre opgesit al is dit normaalweg eerste Desember nog ’n paar dae weg.
Die winkels help verseker my…

simfonie in pers (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2022 4

simfonie in pers

dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg
en Pretoria pronk in purper-pers
die wind streel met ʼn sagte hand
oor die Jakarandabloeisels in die laan
net gister was die aarde nog vaal
nou jubel groot trosse bloupers
blomme aan punte van dun takkies
en sprei ʼn perstapyt uit in die laan
ʼn Hadeda sprei sy…

Ware geloof

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2022 4

Seisoene draai
Dagbreek van ‘n nuwe onthou
Gister se trane wat nog daaraan klou
Verander die grys in blou
Toe ek my kerskous weer oopvou

konsolasie (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2022 4

die jakarandas
blom weer geil vanjaar
‘n lilafees
vir ons gespaar
bied vertroosting
teen hartsverlange
oor elk’
beminde verganklike

©Driekie Grobler (2022)

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 79 gaste aanlyn

Bydraes – Argief