Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Seëninge

Soos in môrestond dou.

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2016 12

Glo en vertrou dan is daar leiding
dit sê God’s handleiding.
Wanneer gaan ons verstaan
om daarby te staan?

Smeek ons dit in opreg
leef ons onder Sy gereg

Ek sien half deur jou oë

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 10

Ek sien half deur jou oë
diepkraakplooie wat raakpraat
in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart
menig bruin vlekkies wat ‘n storie vertel
van ure in die son, dae gevul met hel

Ek sien half deur jou oë
skewe knopskouers wat moedeloos hang
rimpelhande wat eens sekuur kon vang

Versoek van die graf

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 16

Versoek van die graf

daar’t ook eenmaal
lank geleë koningsblou
tulpe in my irisse geblom
dit was die dae
toe die son nog
(ongerep)
tinte oor my vel
kon trek –
die geur van nartjie
in my ruik ontplof

My hartedief

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 12

koesterend speel die sonstrale
oor die kartels van my lyf
met warm vingerhale
word koue uitgedryf

elke oomblik vasgevang
soos ‘n helder reënboog
in my hartkamer gehang
laat ‘n vonkel in my oog

neurie ek jubelend saam
geniet elke kosbaar oomblik
vergeet van verborge traan
want die lewe is heerlik

ja, die lewe is ‘n lied my lief
en jy bly ewig…

Rose pienk en Jakarandas pers

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2016 11

rose pienk en jakarandas pers
ek sing vir jou ‘n bloublomvers
van laventelbos en roosmaryn
van lelies geel soos die son se skyn

malvas bloei steeds in die bloedste rooi
dis die swartoognooi wat flikkers gooi
oor die heiningdraad rank haar ranke groen
sy kleur haar blomme in…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 128 gaste aanlyn

Bydraes – Argief