Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Seëninge

Oggendvers

Deur Datum gepubliseer: 21 September 2022 9

Voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ‘n vers vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ‘n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskyndende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof

wil ek hê jy moet altyd…

on(verwags)

Deur Datum gepubliseer: 18 September 2022 3


toe jy daar was
was daar lewe energie
die Lig wat min herken het
eers toe die Lig duisternis word
toe dit te laat was en net verwyt oorbly
het hulle die Lig erken en begin ween

so is ek gebore
‘n kleine dorpeling
uit die skoot van eenvoud
het Hy my laat verskyn en gloei
eers later het…

Immeroorvloedige seën

Deur Datum gepubliseer: 13 September 2022 6

Kyk, die Vader verander verskroeide grond
in poele van riet
en dorslande in waterforteine
juigende skepping vry
en my trane keer t’rug na
sy geboorteland
waar ek buigend bid op ‘n bergpiek

©Z.K

Sintuig Land

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2022 3

eerste werêld ontwikkelings
verdwyn teen savanna ruimtes
die grasveld omvou ons,
bring vêr horisonne nader
vir mahala

alle velle voel
die winter windjie
somerson harde klappe,
seisoene dirigeer ons armhare
vir vry

proe die kos en wyn
afval tot connoiseur
wit gedek in plastiek borde,
rof en chic
vir pasella

ruik die reën op droë veld
die rook was weg
so ook oujaarstof,
lewenslus en varslug
vir present

hoor…

vlakte duskant alkant

Deur Datum gepubliseer: 3 September 2022 4


golwende groen heuwels
vloei oor die landskappe heen
oral en alkant van ons land is dit so
seisoene kom en gaan en verkleur
elke gras spriet en boom blaar
in eentonige reëlmaat
van uitbundige
kleur

©Teãrlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 105 gaste aanlyn

Bydraes – Argief