Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sosiale kommentaar

Parlementêre surkus

Deur Datum gepubliseer: 7 Desember 2022 1

Parlementêre sirkus (Satire)

blinkkopmanne
met snyerspakke en gestyselde witboortjies
met pienk sokkies in blink gepoetsde skoene
sit soos uitgebeitelde houtsoldaatjies in ’n ry
en loer deur vroom dikraambrille
agter korrupte boepenskruisbande
manelrooi-oorpakke skree:
‘kill the boer, kill the farmer!’
pienkgetooide vroue-marionetpoppies
seleb neusie in die lug oor die rooitapyt
‘kom ringmaster hierdie korrupsie-sirkus is verniet!
drink saam ‘n glasie sjampanje, ‘n…

Wys my die weg van eer

Deur Datum gepubliseer: 7 Desember 2022 1

Wys my die weg van eer

Waarlangs loop die weg van eer?
‘Om trou te bly aan die wat regeer?
‘Om woord te hou’ aan ’n volk se vertrou
‘om trou te bly aan dwing’landy’
‘Aan afgedwonge woord en misdaad –
aan wanhoops nood-traktaat?’
waar korrupte demokrasie regeer
‘en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?’
is…

soekie sê

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2022 1

soekie is glad
met die bek
sy sê altyd
goed om
oor te lag
lag jy nie
is soekie
vies vir jou
sommer vies
vies alles en almal
klop jy haar op die skouer
is jy haar beste maatjie
wys jy haar tereg
haat sy jou fel
soekie is gewild
ook soms wild
soekie sê
wat

©Tearlach

Woordkomplot (Engelse sonnet) (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 November 2022 1

dis in die boorde van jou woordkomplot
waar vrug in wrok en wrang sy tak verlaat
daar waar die skryfboom driemaal weierbot
en elke sin sy snede troebelhaat

dis teen die hange van jou skurweberg
waar elke krans in kliprant kruheid staan
daar waar jou woorde vlym en vinding verg
en elke bastion nog sukkelstaan

dis teen…

Drie Gordyne (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 28 November 2022 1

Hoe is dit hier veel anders
as daar, waar China
agter die bamboesgordyn
konfedereer
of waar Rusland weer
onder die loodswaar val
van die ystergordyn
regeer?

Want hier,
waar ons die gatkant
van die Reënboogland
met oopbek-verbasing
betrag en doofstom snap
dat elke tweede Jan Rap
– hoewel moreel bankrot –
suksesvol op korrupsie floreer;
terwyl die massas ellendig
in die lig van verdrukking
wat skiwwerig
deur die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 220 gaste aanlyn

Bydraes – Argief