Jongste aktiwiteit:

Posts tagged "Sosiale kommentaar"

stres is soos om op ‘n dun kabel te stap gespan tussen twee geboue alleen sonder veiligheidsnet wet van swaartekrag rem en trek heeltyd aan jou om te ontspan na jy veilig oor is voel wonderlik en sag maar die gespande emosie versteek homself diep onder die bewuste van jou hart ouderdom is sneller van […]

Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV

soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]

nog een slapie dan bêre ons ou skapie wat ‘n mallemeule was dit van draf na stap tot by sit elke oomblik vasgevang tog is niemand mos bang wat agter lê maak ons sterk hef aan lê voor en ons werk geen verwyt sal iets vervang wat kom fluister op my wang geloof, hoop en […]

winter het gegaan en die somer staan ryp snaakse reën storms verskyn telkens veroorsaak deur laagdruk stelsels wat uit die niet verskyn veroorsaak diep water, dorpies se strate word rivier lope al die gemors was weg alles storm see toe vis oë kyk verdwaas na hierdie gordyn van plastiek seestrome spoel dit tot in die […]

Alles is nie pluis in die Paddadys: die modderrige vleitjie van die Paddadigma Koningshuis Koning Paddadigma se heerskappy ontspoor ambisie tot vernuwing het hy lankal reeds verloor Prinses Paddadocs is te groot vir haar skoene en Koningin Paddanormaal fokus slegs op visioene Die volk is ontevrede oor die prys van paddafien ‘n Platanna-faksie wil van […]

WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]

soldate draf kamp en oorlog toe oë onder stof senuwees oopgeskok een vra koeëls ander rus skuldige skuifel op sement vloer gevang in vuil verlede gees en lyf hang een vra kos ander rus oumens skuifel asem hyg vlak die kort pad is baie baie lank een vra hulp ander rus beeste draf stap kraal […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword