Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sosiale kommentaar

Hitte golwe oor die stofpad

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 17

Deur die bier in die glas
val die amber laaste
straal van die dag.

Deur die splinterglas
van my oë
knak die reënboog
weg van die daeraad.

Deur die sout van die lek in my oë
kwyn die beeld van jou silhouette
oor die kartelrand van die mirage
wat hittegolwe oor my stofpad trek

Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 1)

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 23

Ek het saans baie daarna uitgesien vir Pa om huistoe te kom.

Ma het egter niks daarvan gehou dat hy huistoe kom nie. Hoe nader dit aan sy huistoe-kom-tyd gekom het, het haar lippe dunner geraak….
Haar oë het onnatuurlik groot gerek en sy het gestaar. Ek glo…

Ek dink ek het my musiek verloor (nie my dans nie)

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2016 13

Ek soek stilte
ek soek alleen wees.

Ek is nie eensaam nie
ek soek net stilte.

Ek soek vrede
sonder mense
stilte
met net die natuur
se geluide.

Boude en boobs
is al
waaroor mense deesdae sing

Tyd verstreke

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 12

Hy bewe en huil, hy soek na ‘n liefde
wat by hom sal bly tot die bittereinde,
die antwoorde en gevoelens ontwyk
terwyl sy tyd besig is om te verstryk.

Vasgevang in ‘n greep van ewige stilte
bedink hy lewe, verstreke en vergete,
en die vrae word al…

Blou koevert

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 19

Toegevou en eenkant geplaas,
en omhul met ‘n mistieke aura
bring dit die onbekende nader,
geheime dra dit met hom saam.

Dit roep vreemde gevoelens op
waar dit wag om gelees te word,
verborge, toegeplak, versteek
tussen die lyne is ‘n boodskap.

Daardie geheimsinnige koevert
is nie…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 191 gaste aanlyn

Bydraes – Argief