Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sosiale kommentaar

spyt

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2021 8


“ek het jou mos gesê”

smalende herinnering
aan waarskuwings vlieg
deur lug rond soos kartetse
op ‘n oorlogsfront

kouefronte kom en gaan
stadig kom die stuiptrekking
van ‘n koue winter tot ‘n einde
daardie laaste een is koud

mense kies links of regs
om te of om nie te doen nie
een volg die lewelose massa
ander staan terug en kyk

diepe…

brawade

Deur Datum gepubliseer: 14 Augustus 2021 4


een oggend kom
vermetelheid ingestap
met groot bravade en basuin
sy stem luid en braaf gestel
huid dik soos seekoei vel
oordonder alles en meer
leuens en wil beheer

toe die deining draai
verdwyn meneer vermetel
bly sy stem ver agter alles breek
skaars word sy stem hoorbaar
sy trane drup in fonteine
sy skande op sy dun vel
soos skrape…

Kind

Deur Datum gepubliseer: 11 Augustus 2021 1

korporatief ingekleur
kyk vaal oë
direk deur duur
kantoor dekor

in vrolike voorskoot
kyk sagte oë
direk na duur
leë huis koskas

in besigheid mode
kyk harde oë
direk verby mense
na tendense

Wan Kommunikasie

Deur Datum gepubliseer: 9 Augustus 2021 4

tannies gesels verveeld
vryf hande flou
vroue praat bedrywig
hande vat net net hier en daar
meisies giggil staar
hande neem selfoon selfies
niemand hoor die kommunikasie stroom

alleen in stil bos
gesels net een kop
oor wegloop van politiek
familie naywer geskinner
kollega wedywer gevis
waarsonder die kopgesprek
nie moontlik is

seine wetter deurdie eter
die vertaal ‘n funksie
van…

wekroep van die enkeling

Deur Datum gepubliseer: 8 Augustus 2021 2


te soet:

droë vrugtekoek
bedek met glinsterende
krale op spierwit geysde suiker
kraak as jy dit in skywe sny
proe frank op die tong
en gee sooi brand
op die koop toe

onkunde:

vaar uit oor die see
waar daar nooit te min water
sal wees nie – net nie drinkbaar
waar jy doodgaan van dors
waar jy hallusinasies kry
en opkrimp van…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief