Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sosiale kommentaar

daaglikse brood

Deur Datum gepubliseer: 5 Augustus 2021 Hou van


wanneer jou daaglikse brood
in krummels van iemand se tafel
moet afval om by jou te kom

mense wat net van aalmoese leef
mag hulle nog daarvan deel aan ander
sal dié wat goed is vir hul nog gee

die lewe is ‘n lied vir dié wat kan sing
die vals stemme staan maar en luister…

Besigheid Ete

Deur Datum gepubliseer: 2 Augustus 2021 3

Die maître d buig
haar vorm sag oor tafelblad
skuif leer met keuses voor
wat die aandag steel
van haar hals

monde sweet speek
berei voor vir die eksotiese
geregte keuses word gemaak
druiwe resultaat vervlak
die zoom gesels

geure vul neuse
uitleg van buurman bord
ń wonder kos tafereel
in ń klein stilte moment
rattel eetgerei

lippe vou
onbeskaamd oop mond
oor…

klanke in die wind

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2021 Hou van


deur branders se geluide
klink stemme helder op
spreek van onrustige tye
sleur woorde wat refrein
van die daaglikse gebeure

oor sosiale media weerklink
stemme van vals boodskappe
opruiende gedagtes wat wek
oorvol brein patrone verder
verwar en tot uiterste rek

suid-ooster waai met geweld
bring Antarktiese ysige koue
wat skroeiend verswart verf
oor wingerde en gesaaides
soos doods tyding versprei

vir baie…

indrukke

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 1


die see roer onrustig
na weke se geskommel
in die koue fronte se sterk wind
oral op die strand lê tekens
van weefsel en skulpe
los geskeur van hul
tuiste onder die
branders

my siel draal onrustig
na jare se hartseer oor geweld
wat lewens verwoes in die barbaarse
wat oral bo die sensasie-weerstand
kop uitsteek en selfs slakke pas
van die…

Half Lewend

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2021 2

Uitgespoel
staan ek kaalvoet op ‘n oop strand
voor my breek branders
binne splinter my siel
agter lê ‘n land in skerwe
ek voel anders
noudat ek weet
lewe en dood is sekondes weg van mekaar
en liefde is maar net ‘n geloof

ek tel ‘n klippie op en gooi dit in die see
tel tot tien, wag nog…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 115 gaste aanlyn

Bydraes – Argief