Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Teleurstelling

Hoekom is dit geskryf?

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 11

Wie is daardie ek?

Wat soms ek selfs nie ken.
Hy leef in die skadu’s
wat net hy ken.

Daardie on/-bewuste
onbekende tweeling
met geen berou bewuste

verootmoedige temperament
venyn blits soos ʼn torment.
Net so vinnig…

Verstringel in jou

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 13

Verstringel in jou
lê die toue van liefde
Meegesleur deur
die sout van die see
Die trane vermors
op die glim goud sand
Het jou lief hê
sommer so
vir die lewe verpand
Wat is die waarde
van n hart in twee
Waaroor sal ek
die pyn vryheid gee
Lewe net voort
asof niks verkeerd is
Hou net die oog
op dit wat in nou…

Drome is bedrog …

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 10

as drome waar was, was jy nou hier by my
en sou ek my teen jou bors kon vly
as drome waar was het my oë geblink
en sou my gedagtes vonkelwyn skink

as drome waar was, was my hart nie seer
en sou ek nie kon wag…

Dit moes liefde gewees het …

Deur Datum gepubliseer: 3 April 2016 8

ek kry jou fluister op my kussing
ek sien die winter op die grond
as ek wakker word is ek alleen
die maan ‘n groot bal, koelrond

daar is stilte in die lug
in my kamer, rondom my
tog hoor ek jou nog fluister
in ‘n droom so…

Digters Ink

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 16

Eens sterk vloeiend’ bloed
van digters-ink verdamp
dwaal tussen sterre, strepe-
waai lettergreeploos
tussen buite-ruim gloed

Skêre van gister se onthou
knip geheuebank kragtig kort
woorde warrel woes en wild
in ’n saamkoek oeroud web
tydelik nou saam toegevou

Geluide bly hol afwesig
stene van diepdenk-mure

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 137 gaste aanlyn

Bydraes – Argief