Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Teleurstelling

Eddie en die Vodka

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2021 4

My boetie Martin se as ‘n man eers wit spiritus drink dan is hy in sy moer.

So bel Eddie my en oortuig my om vir hom ‘n sonkragstelsel op sy plaas naby die see te gaan installeer. Ek gaan na sy glas paleis wat omtrent 180 grade oor…

Flentervrou

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 12

Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay
haar skoene flenters
haar klere maande laas gewas
sy vra vir brood toe ek verbystap
haar oë is leeg

en ek wonder
hoe leef mens só met niks
in die afwesigheid van alles
tussen dorpsvoëltjies
en ander legends
op ‘n plek
waar niemand jou raaksien nie.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg…

Vra

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2021 2

“Vra en vir jou sal gegee word”
Ek vra en vra en kry niks
“Vra is vry en weier daarby”
Ek staan met leë hande

“Moet nooit ophou vra”
Wat moet ek leer?
“Vra volgens Sy Wil”
Hoe moet ek tog weet?

“Alles volgens Sy plan”
Waarom vra ek dan nog?
“Niemand…

Wie sal my kan red? (goud)

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2021 4

Sal jy my kom haal
wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis
van pynskroeiende môrevrese
terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad

sal jy my in die middernagure kom red
wanneer wakkerlê my vaspen
teen die slotreël van my laaste droom
en ek myself verban na niemandsland

of moet ek eerder aan ‘n asynlappie suig
en…

Die lied van ‘n ligtekooi-silwer

Deur Datum gepubliseer: 27 April 2021 5

soms kom dood uit ‘n dieper plek
‘n aanspraak maak tot die oppervlak
want ‘n masker is soos ‘n skadu
iets wat innerlik nie kan verval

vlerkloos wou sy vlieg
waar die stilte vergaan in ‘n spieelblou maan
‘n kruis teen die muur
paasoffers van plesier

soos die stilte vergaan O’ Jerusalem
het sy haar knieg gebuig

©Morné…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 145 gaste aanlyn

Bydraes – Argief