Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

Wegstap gedagtes (goud)

Deur Datum gepubliseer: 22 November 2022 3

Soms stap mense aan
party draai om
(soos Lot se vrou)
ander gee net eenvoudig nie om nie
ék stap maar net voort
meeste medemense stap ook sommer net
party van hulle is kompasfoos
rigtingloos en bestemming gek
my bure gaan nêrens
nooit
hul bly net hier
jy het weggestap
hy het ingestap
ek was hier
met ‘n tas vol ou spore
‘n natgehuilde…

Geweld

Deur Datum gepubliseer: 17 November 2022 1

rotse kragtig
uitgeskiet in vuur
verweer in water
tot plante fondasie

koppe bars
uit in apestuipe
verweer oogmerke
tot blindheid

wie se Hand
skep habitat uit dooie klip
laat geweldsdade
liefde wurg?

Dankie

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2022 3

Ek wou nog vir jou
‘n rooipenbriefie
op die kombuistafel los
om totsiens, en
dankie vir alles
te sê

maar waarom sou ek
my ink wou verkwis
om te groet
as ek jou nooit
geken het nie
of om dankie te sê,
vir
N I K S?

Stilswye

Deur Datum gepubliseer: 21 Oktober 2022 7

Granaatrooi geheime
dwaal blosend
deur die spasies
van die gat in my siel
waar hulle
(soos verroeste krane)
bloeiend bloep-bloep drup
en afsyfer deur die krake
na die krater in my hart
waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod.

Te min

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2022 5

Te min

Altyd was daar net dié;

Geloof, hoop, liefde,
hiedie drie.

En in bitter eensaam
nag van liefdeloos gegrendel?

En as hartstogs eenvoud
kreun en kla by die drempel?

Hoe dan smeek ek wel van U,
Here, God van Woord en Tempel,

Is daar nie dan meer as net dié?

As geloof, hoop, liefde.
Daardie drie?

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 250 gaste aanlyn

Bydraes – Argief