Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

STERK STILTES (BRONS AFDELING)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)

Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.

Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…

Opsies

Deur Datum gepubliseer: 18 Julie 2022 Hou van

groepe vorm gewillig
om belhamel hormone
die gier is van onbelang
die trop is al belang

groepe beweeg doelgerig
na bedwonge pelsier
klassiek tot rock
solank ons saam dans

ek beskou die rondgedans
in kampe met ander se drade
ek verkies my eie geslote gebied
as ń swartskaap

*Winterwoorde (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 4

Wanneer my heimweehart
in die ryptrap van ‘n winterlandskap
neffens jou kanniedood-liefde verslaap,
tref-trap dankgedagtes gou,
euforiesie spore van onthou, wat
ramifiseer in die drasland van lojaliteit
waarin jou liefde toegewyd
onkreukbaar en immergroen
oor ons eenheid troon;
rotsvas geanker –
deur dik en dun
ewig getrou.

*Akroniem

Wees van my wees (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 6

wees,
my vlees
vlamkers waskombers
om my naakkoud toegevou,
my kaggelvuur
waardeur hartklopdans se knetterbrand
wintergees buite hou,
my rooiwyn
in warm-aar verleiding
tot my dor(s)weesglas vol vloei,
in verlangekyk kindverstout
hartspoor na buite
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
ons beskore

ek vra jou

bloot

wees …

Elizabeth

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 182 gaste aanlyn

Bydraes – Argief