Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

Vrese vol vandag

Deur Datum gepubliseer: 24 Augustus 2021 4

Geval
soos ‘n verhefsde blaar
koud in nat grond
tussen ontroosde dorings
herletsel in ‘n vreemde slinger
vol vergankliksheidsvrese

en al soek hulle jou
sal hulle jou miskyk
deurtrek in geel, rooi en bruin
so sal jy wegraak
in jou skare van skaduwees
tussen die wat jou hand vashou.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Pad

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2021 2

paaie
hoof tot twee spoor
lê verlate sonder
verkeer wat
gate trap

sinkplaat spoor
slaggat teer
ń onderhoud skraap
vul altwee
bababoud glad

werkskaf
gejaag oor paaie
dwing twee besluite
onderhou of
laat vergaan

Vriende Silwer 725 woorde

Deur Datum gepubliseer: 19 Augustus 2021 5

My eerste dag by die skool. Die keer aan die ander kant van die lessenaar. Ek laat my oë stadig oor elkeen van die groepies geselsende dames gaan. Nie een doen eens die moeite om te kom groet nie. Dit pas my. Ek kry die kans om elkeen van…

Kringloop Silwer 374 woorde

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2021 4

Hand aan hand stap ons deur die aftree-oord se strate. Die son smelt in herfskleure oor die bruin tëeldakke van die tweelinghuisies. Huis Herfsblaar. Genade, kon hulle nie eerder Huis Lentebloeisel, of Groen Koringaar gebruik nie. Herfsblaar. Vaal, dof en nutteloos. Ek swaai ritmies Lafras se hand. …

As ek kon kies

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2021 8

het ek vanaand die bankie uitgekies
met die blou wolke om my gevou
met Jesus aan my sy reg langs my
met die stille atmosfeer om ons
langs water wat saggies troebel
in ons ore terwyl ons stil wees
in mekaar se samesyn sal wees

vandag is my vriendin begrawe
en bid ek vanaand vir ‘n…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief