Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

Woordbloeisels (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 8

Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin
omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf
want daar is niks wat ons van mekaar kan erf
al moes ons as ‘n bystelling oorbegin

maar ek sal jou in my mond ewig vasboei
want daar is geen keer as woorde ons laat bloei.

© 9/2022 Caren Kearley
FB:…

Teenstryd (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2022 5

Soos ‘n vlietende ewigheidswese
moes ek soms my hande biddend om jou vou
net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou
omdat ek jou lief wou hê sonder vrese

maar my mond was vol letsels en vlekke
en jy tussen hier en nou op ander plekke.

© 9/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Bossies berou

Deur Datum gepubliseer: 27 September 2022 3

Saans, tot skuins voor laat
vind ons die blommesmous
op die hoek van die straat
waar hy sy laaste
bietjies liefde, simpatie,
en bossies berou,
tussen gipsblomme strik
met goiingtou.

Kleurvol verdoesel
in kreukel-kardoes,
konkel ranonkels
n a ï e f
met madeliefies
en magrietjies
en ’n verdwaalde
son(de)blom,
(oor vlietende liefde
en bossies berou)
wat belowend
gerangskik is
vir my en vir jou.

Skielik is jy vry

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2022 4

Daar is nuwe perspektief
in afstand en tyd, sou ek leer in latere nagte toe
onthou nie meer afknou nie
herinneringe draaglik word en
alleen verkieslik bo eensaam is
toe introspeksie blaam verdeel en
ek myself bloot net nie meer kon verskoon
want in die spel van stukkende harte
is geen hand sonder bloed
elke weer…

Vir botter of vir wors

Deur Datum gepubliseer: 23 September 2022 4

Ek wil sug
oor die kitschgeit
van paartjies vandag se botox lag
en die feit
dat liefde maar net liplangs loop
want hartlangs loop die jakkalsies oop
bo-blink het ek gedink
soos die Rolex
in die chinese winkel
se vals rinktinkel
en onder stink
as jy besef
dis ‘n oogknoper
vir die vensterkoper
maar van geen rerige waarde
net nog ‘n vermaarde
facebook vertoonvenster
vol egte…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 260 gaste aanlyn

Bydraes – Argief