Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrees

Gebyt

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2022 1

Die bloedbesmeerde man hardloop uitasem deur die donker stegie, maar steek vierkantig vas in sy spore. Voor hom kom die horde slakkepas nader. Hy swaai om en wil net weer begin hardloop, maar in die opening van die nou gang agter hom kom die een na die ander zombie…

Ekwilibrium (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2022 3

Vanwaar ek aanskou
hoe jou inner-arend
verbete baklei
om te lewe
en te oorleef
in die lydende stryd
waanin jy
– sielsmorend –
gemartel word
spook en spartel
mý innerwese
(besete)
om te oorleef
en te bly leef
om jou
in ewewig te hou.

Stilswye

Deur Datum gepubliseer: 21 Oktober 2022 7

Granaatrooi geheime
dwaal blosend
deur die spasies
van die gat in my siel
waar hulle
(soos verroeste krane)
bloeiend bloep-bloep drup
en afsyfer deur die krake
na die krater in my hart
waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod.

jagdans

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2022 3

jagdans

roep van ‘n naguil word gehoorsaam
met die skyn van ‘n silwer tweepunt-maan
duister in sy jagdans
laat die skemervlerkkabaal bedaar
daglig is die nag se vangs

oor die panaroma is ek agteloos
ook sy, wat warm teen my lê
veeleisende gedagtes
val elk in die wandeling
ek word rustig in haar asemhaling

voor sluimerskim volkome
gewek van my weerhou
oorval…

EK VERLOOR

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2022 10

EK VERLOOR
(Brons afdeling)

Wanneer niks wat ek was
meer is wat ek dink nie
en dit wat ek dink
net nooit meer reg klink nie

wanneer frases en woorde
eens melodieë was
maar nou afkolk in spirale
van sin(ne)lose verhale

en ek kop verloor dat die trane rol
en niemand besef ek raak innerlik hol
soos my siel…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 269 gaste aanlyn

Bydraes – Argief