Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrees

Skarrelkind

Deur Datum gepubliseer: 23 Augustus 2022 6

Skarrelkind

My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie.
Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar…

starre

Deur Datum gepubliseer: 6 Augustus 2022 7


wanneer die stem in my stil word
woorde opdroog in felle stryd
sinne nie meer sin maak nie
gedagtes nie meer brom
dan raak dit baie star
soos stilte voor ‘n storm
wat net feller en stiller raak
gaan klanke van my hartsmelodie
dalk ook die ewige stilte binne

©Teãrlach

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 4

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Fees van die verslaafdes Silwer

Deur Datum gepubliseer: 28 Junie 2022 6

aasvoëls saamgedrom om ‘n winterkonka
in die vuur tuur bloedbelope oë
wraaklus, wreedheid, waansin, wellus
monsters van die dwelmkult
sleepvoet sluipend donkernag
soekend na duiwelsplesier

en in die ryptrap van ‘n winterlandskap
lê ‘n bloedspoor…
huil die nanagwind
terwyl ‘n aasvoël sy prooi verslind

Die rooi-oog in die hoek. (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 9

Die rooi-oog in die hoek.

Aiken en Cheor speel al te lekker langs die ou Chinese woning met die groen geuweldakkie. Die dakkappe van hul huis het die mooiste gekerfde besonderhede, so eie aan China. In die klein dorpie is daar talle van hierdie tipe huisies te sien. Die Yin…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 131 gaste aanlyn

Bydraes – Argief