Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrees

Die krag van reën. (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2022 7

(Opgedra aan die slagoffers van Natal se oorstromings en die boere wat deur die droogte geraak is deur die afgelope jare)

Stormagtig het sy haar donker kleed
styf om haar toe gevou
verwoestende trane om haar gestort
haar fyn, groen voete diep verspoel

stemme verrys smekend in ‘n hulpkreet
oë proe bitter verwoesting gesaai
want…

Omskietliefde

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2022 8

Ek toe ek jou net sien
by tussenposes van vier vlae
moes ons steeds maskers dra
sou net diep in jou oë kyk
want daar was ‘n stadige verbygaan van tyd
maar ‘n rukwind het plotseling
soos die pekelsondes van ons liefde
verander van rigting.

Silwer

Sinlik belustig (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 April 2022 12

Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer
het sy nardusolie aan sy voete kom smeer
plaksels van sy siel het een-een afgedop
gister se newels het om hul stof opgeskop

sy asem het wild-warm in haar nek geblaas
‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas
helder in haar eensaamheid het…

Afvallige

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2022 14

Geskryf deur Fanus Strydom
Reëltelling 12
Vasgestelde rympatroon

Afvallige

oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë
wasig en verlate die horison se lyn
toe vir my om díe verbode grond te betree
verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn

oop onder my voete tuimel die kranse na benede
gulsig om my vir ewig in…

‘n Gelykenis van die mag van jou tong

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2022 10

‘n Gelykenis van DIE MAG VAN JOU TONG

Vuurbestand
my verstand
teen uitlatings hitsig aan die brand

Jou blêrkas raas nogsteeds my ore doof
terwyl dit klankgetrou my van ‘n selfbeeld beroof
daar was oorgenoeg mag in jou woorde
skaamteloos duelleer jou akoorde

Gewer van gewelddaad
binne jou gloei daar hatig dade wat my welstand nie kon…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 264 gaste aanlyn

Bydraes – Argief