Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrees

ʼn Gelukkige triomf.

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2016 12

Hier is jy alleen
die onbruikbare een
hoe kyk hulle na jou lê
geen een wil iets sê.

Jy alleen word al meer —
met die geheue wat nie…

Insomnia

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2016 17

Ek verdwaal
in wakker
en soek slaap
te vergeefs.

Uil se knip
ontwyk my,
ek hoor
hoe-hoe
hy luister
na my kop
wat raas
en met dag
breek
net fluister

Kyk mooi na my hart

Deur Datum gepubliseer: 22 Mei 2016 17

Kyk in jou sakke
In jou kar
In jou tas

Kyk oral
Waar jy dink
My hart in kan pas

Dalk kan ek hom
Vir jou
‘n Ander tyd stuur

Ek is net bang
Jy vat hom weer saam
En los my hier

Wanneer orrelstryk chaos raak

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2016 13

Ek had ‘n tante wat kween was en wat as selftoegeëinde reg geglo het sy weet alleen alles. En sieklik snipperig in haar gusheid jy sal nie glo nie! Dis mos sy wat my eendag sommerso dwars opgeklim het toe ek vir Kleinsus waarsku sy moet nie so truiloos…

In my wêreld

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 15

Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie
Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie

Ek het weg geraak in my eie wêreld
Here, niemand het eers na my kom soek nie!
Dit was so stil, Here
Ek was so alleen

Het iemand ooit geweet…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 151 gaste aanlyn

Bydraes – Argief