Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

vreesloos haweloos (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2022 4

vreesloos haweloos

net die winde weet wat weemoedig waai
as jy jou gesig so laggend na die son draai
jy, o sigeunervrou dansend in die wind
weet waar jy vreesloos jou vrede vind

hul spense loop oor van spys en drank
vetgevrete grootkoppe sonder dank
met swaaiend heupe op maat van musiek
vermaak jy vrolik die breë…

Die beste medisyne!

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2022 10

Die beste medisyne!

Volgens navorsers is ʼn goeie lagbui nie net goed om die stres te verlig nie, maar kan dit jou immuniteit ʼn goeie hupstoot gee en jou pyne ligter maak. Dit laat my dink aan Salomo wat vreugde aanbeveel in die Bybel.

“Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks…

Na liefdes(v)uur (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2022 9

En toe …
veras jou vuurgloed
donsveerverwaai, duskant westerkim
draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim

skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag
troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag
soos my koesterhart vlerkomvou,
nestel my ligholtes jou

want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig
hier binne bly jy veilig, so warm vredig

Elizabeth B

Met…

Ons Skildery

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2022 6

Ons Skildery

Drome in antieke blou
binne siaan water
tussen groen
vind ek jou

indigo tango twee
blink saffiere smag
kobalt die hunker nag
verhelder met granola sonskyn glimlag

as liefde blougroen was
sou droomverlore wolke arkties
stylvol by sacramento pas

as God kleure vermeng
tot emerald adel spore saam verleng
in skemer skitter neon
twee harte verbly
knielend dankbaar
vlindervry

soos ‘n…

Vir Sy splinternuwe Kind

Deur Datum gepubliseer: 23 Maart 2022 14

Vir Sy splinternuwe Kind.

In grys, op heuwel, deur newels verberg
goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg
heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane
uit ‘n liggaam verskeur gedane
vasgespyker aan groet en bloed
hang Wonderbaar’smoed

In klip en gruis – vergruis
aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys
swyg stig stik ruk sig traan-oë
wat hoër-op,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 165 gaste aanlyn

Bydraes – Argief