Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

As jy kan droom.

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2022 6

As jy kan droom.

Elkeen van ons het ʼn ingebore hunkering om eendag ons eie huis te besit. Toe ek ʼn jong meisie was, kon ek ure rondry en huise kyk. Die gewoonte is gevorm toe my pa ons op Sondagmiddag-uitstappies geneem het. Ons sou van Walvisbaai ry na Swakopmund…

kom na my huis – my woning (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 6

kom na my huis – my woning

hier waar my hart is, sal jy my vind
tussen my ougoed en onthougoed
met ʼn leksel verf en skeut sentiment
ʼn muurbehangsel op katoen gedruk
vrolik laggend gesigte in portretrame
vertel ons woning in sy stille woorde
vir jou die pad van ons lewensverhaal …

©Marlene Erasmus
31/08/2022

huis met eenduisend kamers (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 4

my hart
word ‘n huis met
eenduisend kamers
wanneer ons minne-skadu’s
lok en speel
teen ‘n ontvanklike muur
en ons omhelsend saamsmelt
in perfekte liefdesharmonie

Jou tong

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 5

In jou dagboekfragmente
dra jou getoomde tong
nie ‘n skerpioen-angel
wat my seer steek nie
maar die mooiste woorde
hy sê ons sal saam floreer
met ‘n reënboogbelofte van lewe.

© z.kochk

My siel, my spirituele woning

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 7

My huis is werklik net waar my hart is en nie noodwendig waar my lyf homself bevind nie. En as jou hart gelukkig is, is enige plek op die aardbol reg.

Dit gaan selde oor die meubels of peperduur ornamente wat in ʼn huis rondstaan wat dit ʼn woning,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 270 gaste aanlyn

Bydraes – Argief