oktobervreugde (Silwer)
om van vreugde oor die mooiste maand kaalbas te sing en dans tollend in die reën – sonder ‘n sambreel – onbesorg en vry behoort nie ‘n skande -of ‘n sonde – te wees nie eerder ‘n viering van mens én natuur: rou, eerlik, mooi
‘n Fleurige oktober
Soos ‘n bruid straal – in die son met oë vol nuwe drome dans sy in groot druppels reën streel in die holte van haar hart wip-spring ‘n kleurvolle verhaal
Maand van nuut begin (Silwer)
Oor velde heen Klink voëlgesang vrolik en luid Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed Om nuwe vrug te laat ontluik Buig natuur afwagtend en Eerbiedig, met vars oortuiging Reikhalsend na somer se ontwaak Met eerste reën ontplof Aarde in ‘n kleurpalet Asof lank reeds verwag Na winter se koue striem Dat nuwe lewe weer ontkiem […]
Rykdom
Orals kyk jy blomme, van tjienkerientjee tot orgidee en oumakappie. By rivier en vlei en êrens, selfs in die barre Karoo, reg tot verby Kamdeboo.
Oktober
Ope helder tuin Kleurvol met varsgeur blomme Tier geurig en vrolik Ontvou vinjettig uit hul heuningpotjie Bloeisel vir bloeisel Elkeen ‘n lus vir alle oë Reuke vul die lug van bo. Silwer
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
beloftes van veldblomme
uitgeput is die winter en die moegheid van grys en die verleptheid van velde behou die veldblomme ‘n belofte soos die wind verse is die sneeu ‘n voorgang die reën ‘n refrein is so is die blomknoppe die brug en so vorm die fleurson ‘n lied waar die aroma vrolik speel neurie die veldblomme die […]
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]
lente
kleurvolle lente rooigeel blomme in oorvloed pers geur my vrolik wit weerspieël my trane in verliefdheid en vreugde *Let wel dit is ‘n tanka gedig en die foto is my eie foto (kopiereg)