Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vriende

Paradoks

Deur Datum gepubliseer: 19 Augustus 2016 13

Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop

Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees

Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal

Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel

n oomblik was genoeg…

Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)

Deur Datum gepubliseer: 19 Augustus 2016 15

Ek’t maar net vandag gewonder
hoe dit met jou gaan. Ek het weer
laasnag so sleg geslaap, en toe maar
vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies
is al om my, hul speel heeldag
op die bed. So, ek voel nooit juis
alleen nie, dis als plesier en pret 😃
Dinge…

‘n Lang pad is nie net ‘n lang pad nie

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2016 18

 

skryf weer vir my ‘n mooi gedig
laat breek die dag in rym
skryf dit tussen Colesberg
en duskant Bloemfontein

(Bo die groot Karoo
waar die skadu’s diep
agter donker heuwels, ver
vlug ‘n raafswart kraai
met ‘n wye draai
en verdwyn oor die Gariep.)

vertel my waar jou skape wei
langs die huppel van ‘n lam
wys my waar hul…

KOSMOS

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2016 11

KOSMOS

Die weelde in jou arms
oorweldig my –
oorvloedig,
soos jou minsaamheid.
Dis kosmos –
lenteblomme in die herfs.

Jy is vir my
‘n kosmosblom.
In die winter
van my eensaamheid
word jy
na my gestuur.

Saphira en die Biblioteek onder die Berg

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2016 16

Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 282 gaste aanlyn

Bydraes – Argief