Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vriende

Bloot menslik

Deur Datum gepubliseer: 8 Augustus 2016 14

ons is almal maar net mense
ons maak foute
ons kry seer
stamp ons koppe
kwes ons harte
te onbeholpe, om te leer

en ons krenk mekaar se egos
ons kan onsself nie keer
staan dan skansloos teen die terughou
met bitter min, of klein verweer

ons is almal maar net mense
ons het letsels
ons het kruise om te dra

en…

Groot skryf kompetisie amper op sy einde

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2016 17

Vriende ons is by Augustus en die einde van die kompetisie word nou in dae getel. Ek wil al die lede wat deel is van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 9 September 2016 die volledige inskrywings moet ontvang.

Jou volledige…

Wenners van die najaarsblom projek

Deur Datum gepubliseer: 5 Augustus 2016 45

WENNERS: Najaarsblom projek

Gedigte afdeling:

Viooltjie met Pienk bloei die herfs
Palet met Wink die skemer skadu’s blink
Mariska Smit met Sysoen
Verhale afdeling:

1. Ronel Janse van Vuuren met Syns vir die najaarsblomme

Baie geluk aan hierdie 4 skrywers

Liefde vir Afrikaans (01-08-2016 tot 31-08-2016)

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2016 17

Die projek onderwerp hierdie maand is: Liefde vir my taal.

Hierdie maand se projek het ´n baie belangrike element daaraan gekoppel. Een van die wenners in die kategorieë se inskrywing sal tydens die gala-aand voorgelees word. Daarom moedig ons jou aan om hieraan deel te neem.

Die projek…

Saphira en die Dwerge in haar Berge

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2016 18

Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 289 gaste aanlyn

Bydraes – Argief