gee my jou hande
vir die heel laaste keer
kyk, ons albei het letsels
ons albei het seer
wys vir oulaas jou wonde
en ek wys jou myn’
beide geskonde
gevlek en onrein
die lig in jou oë
dit bly my ontwyk
eens was daar sterre
en lag…
gee my jou hande
vir die heel laaste keer
kyk, ons albei het letsels
ons albei het seer
wys vir oulaas jou wonde
en ek wys jou myn’
beide geskonde
gevlek en onrein
die lig in jou oë
dit bly my ontwyk
eens was daar sterre
en lag…
kom ek teken vir jou ‘n woordprentjie
ek sal eers my hart tussen die wolke moet gaan sit
dit is daar waar hy die beste praat
ek sal dalk eers op my knieë moet sit en vir ‘n beter uitsig bid
my prentjie gaan dalk so krap-krap wees
jy laat my onderste-bo
my prentjie is…
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde.
Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor….
Ek weet jou lewe storm
Ek weet jou hart dra swaar
Ek weet jys bietie kwaad vir als
En ek weet jou hoop is klaar
Met my arms uitgestrek
Staan ek agter jou
Reg om jou vir ‘n dans te vra
Terwyl ek jou in die reen vashou
Vir jou sal ek die sterre vang
En hulle een…
Ek bid dat Jesus
‘n draai by jou kom maak
en saggies met sy liefde
aan jou hart kom raak
Dat hy sommer op die stoel
langs jou bed kom sit
en jou drome waar maak
soos jy hulle bid
En as hy met sagte oë
in joune in kyk
hoop ek jy voel
hoe ware liefde lyk