Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vriende

Wit tafeldoek en bont servet

Deur Datum gepubliseer: 17 Mei 2016 18

een oggend
wyl die duiwe koer
die son
net-net oor die rante loer
berei’k vir ons ‘n feesmaal
onder bome
in my tuin

drapeer ‘n wit doek oor die tafelblad
stryk dit met my palms plat
rangskik blomme in ‘n blompot
en ryg servette deur ‘n ring

Carpe diem projek wenners

Deur Datum gepubliseer: 15 Mei 2016 10

Gedigte afdeling:

1. Viooltjie met – Soos die voëls in die hemel
2. CH Nel Venter met – Jy sal daarin bestaan
3. Anzé Bezuidenhout met – My hartedief

Verhale afdeling:

1.Helena Mellet met – Agter die pienk deur

Algemeen/Gorrel

1.Annamarie du Toit met – Gryp die oomblik

Baie geluk aan hierdie 6 skrywers

Teen ‘n Koorsboom se Albino-stam (vir Rudi)

Deur Datum gepubliseer: 6 Mei 2016 12

Ek het ñ vriend, iewers in Afrika,
en al het ek hom nie fisies ontmoet nie,
spontaan hom nie aangeraak nie,
ken, ( asof van altyd af ), ek sy siel deur sy woorde
wat soos windswaels uit sy hart uit vlieg
om met elle-lange vlieswolkkoorde
ons grootwieldraai te meet in pyn en…

Ek kyk, ek sien, ek weet

Deur Datum gepubliseer: 4 Mei 2016 13

Ek kyk –

Deur newels van tyd.
Deur mis wat draai.
Deur blare se waai.
Deur kierings wat braai.

En ek sien –

Hoe die wiel draai.
Hoe dejavu sweef.
Hoe elke hond ‘n dag kry.
Hoe tyd leer.

En ek…

Vriendlief

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2016 17

Voor jou is ek net ek.
Geen voorwend of skyn.
Voor jou is dit maklik
en vrese verdwyn

My siel is soms naak,
my hart openbaar.
Gewilliglik kwesbaar,
maar nooit in gevaar.

Met jou kan ek deel
wat ek self nie kan dra.
Met jou kan ek…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 724 gaste aanlyn

Bydraes – Argief