Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vriende

Refleksie

Deur Datum gepubliseer: 9 April 2016 11

Refleksie

O, hierdie hart van my, hierdie hart van my
word weer flenters gesny deur die pragtige
vioolconcerto van Mendelsohn wat my hart
in spontane refleks weer oopruk en ou
herinnerings laat uitstroom wat die walle van
my gemoed oorstroom met ‘n trane refleks
oor die skoonheid van woord en klank—
Dit raak my siel, en ek…

Jy blaas en blus my vlamme

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 21

Is dit die landskap
van die strand in jou lyf
wat onder die streel
van my vingers verstyf

want met die goud-grof
van jou skitter sand
blus jy die vuur-vlam
van my passie-brand.

Neem jy my op reis
met perfek gekose woorde
lei my deur jou…

‘n Gevulde holte

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 17

dae infiltreer leegheid uit alle rigtings
waar winde opstaan en gaan lê,
‘n krop geswel en swaar
gedagtes wat soos bitterals verstik,
‘n poging om onsamehangend die niksheid binne my
tot orde te rangskik

en toe kom jy
en lei my na waters waar daar rus is,
na die donker hart van die aarde
waar ons saam die…

Ek ken jou soms

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 28

Wie is jy?

Wese waarvan ek droom –
meerman wat bly by die see
en nooit skroom
om grepies uit sy dag vir my te gee.

Jy kom lawe my roos woestyn
met die teerheid
van ñ gentleman ‘s touch
wat rakelings die ruwe rots

Gedagtelose strande

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 17

In gedagtelose oomblikke
Poison Ivy jy
om die golwe in my brein

vat jy my hand
mosselskulp dit toe in joune

wys jy my
jou droomland se strand

vat my sagkens
om my middel
daar waar my rug
soepel buig

dan lei jy my
jou seestrome in
jy, my meerman
en ek, jou meermin.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 741 gaste aanlyn

Bydraes – Argief